| ||||
Die veranderende strekking van die Frankiese Ryk van 481 tot 814 | ||||
Hoofstad | Doornik (431-508) Parys (508-768) | |||
Taal/Tale | Latyn | |||
Godsdiens | Rooms-Katolieke Kerk | |||
Regering | Monargie | |||
Koning (481-800) Keiser (800-843) |
||||
- 457–481 | Childeric I | |||
- 481–511 | Clovis I | |||
- 561–592 | Guntram van Boergondië | |||
- 751–768 | Pepyn die Korte | |||
- 768–814 | Karel die Grote | |||
Historiese tydperk | Middeleeue | |||
- Romulus Augustus verlaat die troon van die Wes-Romeinse Ryk | 4 September 476 | |||
- Stigting | 481 | |||
- Clovis word Koning van die Franke | 496 | |||
- Oplossing van die Merowingers deur die Karolingers | 751 | |||
- Karel die Grote word Koning van die Franke | 768 | |||
- Pous Leo III kroon Karel die Grote tot Keiser | 25 Desember 800 | |||
- Verdrag van Verdun | 10 Augustus 843 | |||
- Stigting van die Heilige Romeinse Ryk | 2 Februarie 962 |
Die Frankiese Ryk (Latyn: Francia en later imperium Francorum) was in historiese opsig die belangrikste ryk wat ná die ondergang van die Wes-Romeinse Ryk in die 5de eeu ontstaan het en die Wes- en Sentraal-Europese geskiedenis tussen die 5de en 9de eeu oorheers het. Die etnies-kulturele basis daarvan was oorspronklik Wes-Germaanse volke uit die tyd van die Volksverhuising, veral 'n bond van Frankiese stamme, wat reeds sowat eenhonderd jaar voor die begin van die Volksverhuising deur die Romeinse kultuur beïnvloed is. Die Frankiese elite het ná die verowering van Gallië met die plaaslike Galloromeinse adel versmelt en sodoende saam met die destyds invloedryke Rooms-Katolieke Kerk as bewaarder van die kultureel-godsdienstige Romeinse erfenis die magsbasis vir die nuwe Frankiese monargie geskep.
Binne drie eeue het die Frankiese Ryk tot 'n Europese groot moondheid ontwikkel wat deur die Merovingiese en Karolingiese dinastieë geregeer is. Die Karolingiese veldheer Karel Martel het in 732 met sy oorwinning in die Slag naby Tours en Poitiers aan die Loire-rivier die uitbreiding van die Islamitiese More na Sentraal-Europa verhinder. Onder Karel die Grote was die Frankiese Ryk op sy hoogtepunt en het sy grootste uitbreiding bereik.
Die Frankiese domein is as 'n politieke eenheid regeer wat in verskillende regna (koninkryke of onderkoninkryke) verdeel is; 'n reling wat die geskiedenis nog vir eeue sou oorheers. Die geografie en aantal subkoninkryke het oor die bestaan van die ryk gewissel. Die verdeling van die enorme ryk na die dood van die heerser daarvan het egter nog ingrypender gevolge gehad en die resultate daarvan kan tot vandag toe nog in die geografie van Europa gesien kan word.
Die Frankiese Ryk is in 843, na die dood van Lodewyk die Vrome, volgens die Verdrag van Verdun verdeel onder sy drie seuns. Hieruit sou in die weste Frankryk ontstaan en in die ooste die Heilige Romeinse Ryk wat uiteindelik Duitsland sou word. Deels as gevolg van die twee groter ryke, het die Middelryk wat van die Noordsee tot by die Middellandse See gestrek het gesukkel om volledig te ontwikkel. Met die Verdrag van Meerssen van 870 is die Middelryk verdeel onder die Westelike en Oostelike dele. Dit sou egter nooit heeltemal daarby behoort nie en uit die gebied het uiteindelik Nederland, België, Luxemburg, Switserland en Italië ontstaan.